A WALKING SHADOW by Henk Serfontein

PRESS RELEASE

equus vi

A WALKING SHADOW by Henk Serfontein
Jan 25 – Feb 17, 2020

A WALKING SHADOW: HENK SERFONTEIN

A WALKING SHADOW deur die kunstenaar Henk Serfontein open op 25 Januarie by die Everard Read Galery in Franschhoek.

Die uitstalling volg op sy twee uitstallings WINTERSLAAP EN HANDSKRIF. WINTERSLAAP is met 'n WoordTROfee bekroon as beste visuele kunsaanbieding by die US Woordfees 2017, asook met 'n KykNET Fiesta as beste visuele kunsuitstalling op 'n kunstefees. Met HANDSKRIF het Serfontein sy vennootskap met digters voortgesit en het hy konsepsueel in gesprek getree met sewe Afrikaanse vrouedigters, naamlik Antjie Krog, Lina Spies, Diana Ferrus, Melanie Grobler, Joan Hambidge, Wilma Stockenström en Jeanne Goosen.

A WALKING SHADOW volg op hierdie twee uitstallings en bestaan uit 'n reeks houtskool- en gemengde media tekeninge waarin hy weereens menslike verwonding ondersoek maar hierdie keer ook moontlikhede van genesing. A WALKING SHADOW is 'n verkorting van Shakespeare se bekende frase "Life is but a walking shadow" afkomstig uit Macbeth. Na 'n onlangse besoek aan Amsterdam waarin hy die werk van Giotto en El Greco se kruisigingingstonele bestudeer het, het hy 'n reeks werke geskep van nabystudies van hande en voete. In die werk herskep hy klein stil oomblikke wat inzoom op plekke van verwonding in die kruisigingstonele. Die hand is 'n sensitiewe sintuig. Ons is ons hande. Die hand is die instrument van liefde en deernis, van geweld en woede, van beskerming en verwerping. Die hand is 'n werktuig, dit gee, dit neem, dit skep, dit maak kontak maar in hierdie uitstalling troos die hand.

Die beeld wat hy as simbool van genesing gebruik in sy uitstalling is die van 'n perd. In die uitstalling jukstaponeer hy die twee beelde en suggureer dat wanneer daar kontak tussen mens en dier gemaak word, genesing kan plaasvind. Die perd wat as hoofkarakter in die uitstalling gebruik word is die bekende afgetrede resiesperd, Provocateur wat 'n nuwe lewe in Serfontein se familie gekry het en tans op stal gehou word by Courchevel in Franschhoek. Henk Serfontein se werke vang intieme oomblikke vas, vooropgestelde persepsies word afgebreek en nuwe moontlikhede word geskep. Sy werk is gelyktydig broos en formidabel. Konseptueel is daar meervoudige lae wat, in geheel, eerlike kommentaar lewer op die skoonhheid, kwesbaarheid en kompleksiteit van die menslike kondisie.

A WALKING SHADOW is Serfontein se elfde solo-aanbieding. Twee van sy solo-uitstallings is internasionaal aangebied in onderskeidelik Parys en Barcelona. Tot op hede neem hy deel aan meer as 100 groepuitstallings en is sy werk in verskeie private kunsversamelings, plaaslik en internasionaal, opgeneem. Sy werke kan o.a gevind word in die versamelings van ABSA, GENCOR, SASOL, Rand Merchant Bank, Pretoria Kunsmuseum, Tshwane University Collection,British American Tobacco, Nando's Art Collection, Hollard en SPIER.

Please join us at 11:00 on Saturday 25TH January 2020, 20 Huguenot Road, Franschhoek

EXHIBITION CONCLUDES: 17th February 2020

Gallery hours: 9:30 – 17:30

For more information or a catalogue preview please contact Karla Benade

+27 21 876 2446 | fgallery@everard.co.za | www.everard-read-franschhoek.co.za